top of page

Klaskamers & Onderwyseresse

Stel jou 'n plek voor waar elke kind blom, waar kreatiwiteit, individualiteit en 'n passie vir leer gekoester en ontwikkel word. 'n Plek waar kinders waardeer word vir wie hulle is, waar hul leerreise waardeer, gerespekteer en ondersteun word deur 'n ongelooflike talentvolle fakulteit. 'n Plek wat jy kan vertrou om jou te help in die immer belangrike proses om jou jong kind op te voed. Ons is daardie plek!

1 (25).jfif

Ons Hoof & Bestuurders

Dit is ons droom om 'n skool te skep soos geen ander. 

​

Met God se leiding wil ons die skool laat groei deur altyd die kinders as ons belangrikste te sien. Hier wil ons seker maak dat kinders veilig is, dat kinders reg hanteer word, dat kinders met liefde en respek hanteer word. Ons hoop is om kinders lief te maak vir skool omdat skool 'n veilige en lekker plek kan wees. 

IMG_0842.jpg
IMG_0846.jpg
IMG_0843.jpg

Juffrou Marie

Lotus Flower
Klas: Kuiken
Ouderdom: Babas
 
Juffrou Marie is ons liefdevolle baba juffrou. Sy werk met babas vanaf 3 maande oud en het baie jare se ondervinding in babasorg en ontwikkeling. Juffrou Marie het ’n sagte hart, baie kennis en sy laat babas veilig en geliefd voel. Ons is baie dankbaar om haar as deel van ons span te hê.
242_3395_1761215465.jpg

Juffrou Santie

IMG_2232.jpg
Klas: Varkie Klas
Ouderdom: 1 tot 2 
 
Juffrou Santie het ’n pragtige, sagte hart en werk met soveel liefde en geduld met elke kind. Sy het ’n natuurlike vermoë om die kindertjies veilig, geliefd en spesiaal te laat voel. Almal geniet haar klassie en die warm atmosfeer wat sy skep. Juffrou Santie gee altyd haar beste en sal sonder huiwering die ekstra myl gaan vir haar kinders.
242_3395_1761215465.jpg

Juffrou Silvia

IMG_2230.jpg
Klas:
Ouderdom: 1 -2 Jaar
 
Juffrou Silvia is al drie jaar deel van die Besige Bytjie Akademie-span en is tans besig met haar studies. Sy is die juffrou van ons 1- tot 2-jarige groepies en het 'n natuurlike aanvoeling vir die kleiner maatjies. Juffrou Silvia is 'n sagte, liefdevolle onderwyseres wat baie omgee vir elke kind in haar sorg. Sy is altyd bereid om 'n drukkie te gee en skep 'n veilige en geborge omgewing waar kleintjies kan floreer.
224_8401_1755864911.jpg

Juffrou Jolene

Vibrant Wildflower Meadow
Klas: 
Ouderdom: 2 -3 Jaar
 
Juffrou Jolene is ’n energieke en toegewyde onderwyseres by Besige Bytjie Akademie. Sy het haar studies voltooi en dadelik by ons span aangesluit. Juffrou Jolene het ’n natuurlike vermoë om met kinders te werk en haar passie daarvoor skyn duidelik deur in alles wat sy doen.
26.jpg

Juffrou Nemeshia

IMG_2247.jpg
Klas: 
Ouderdom: 2 -3 Jaar
 
Juffrou Nemeshia is ’n stil en sagte juffrou met ’n warm hart. Wanneer sy egter by die kindertjies is, skyn haar vrolike gees – sy lag en dans saam met hulle en bring altyd vreugde in die klas. Die kinders is mal oor haar, en sy sorg altyd met groot liefde en aandag vir elke maat in haar klas.
23.jpg

Juffrou Sonja

IMG_2226.jpg
Klas: Bokkie Klas
Ouderdom: 3 tot 4 Jariges
 
Juffrou Sonja is al drie jaar 'n onderwyseres by ons skool en is tans besig met haar studies. Sy is die juffrou van ons  3 tot 4 jarige groep en staan bekend vir haar fantasie spel en pret in die klas. Juffrou Sonja het 'n hart van goud en is 'n baie sorgsame onderwyseres wat altyd daar is om vir die kleintjies liefde en aandag te gee. Haar warmte en vriendelikheid maak haar 'n geliefde deel van ons span.
29.jpg

Juffrou Deirdre

IMG_2234.jpg
Klas: Padda Klas
Ouderdom: 3 - 4 Jaar
 
Juffrou Deirdre is nou al 'n jaar deel van die Besige Bytjie Akademie span, en al is dit nie lank nie, het sy reeds 'n baie waardevolle bydrae gelewer. Sy is tans besig met haar studies en is uiters goed met die kinders. Juffrou Deirdre het 'n vriendelike en prettige persoonlikheid wat die kinders lief. Haar energie en entoesiasme maak haar 'n geliefde deel van ons span, en ons is trots om haar as deel van die Besige Bytjie Akademie te hê.
24.jpg

Juffrou Belinda

IMG_2216.jpg
Klas: 
Ouderdom: 4 -5 Jariges (RR)
 
Juffrou Belinda is al vir baie jare ’n kosbare deel van die Besige Bytjie-span. Sy is volledig gekwalifiseerd en bring ’n rykdom van ervaring en kennis saam. Elke ouer se droomjuffrou – sy weet presies wat kinders in haar ouderdomsgroep nodig het om hulle selfversekerd en goed voorbereid vir Graad R te maak. Juffrou Belinda maak leer lekker, vol pret en betekenis, en sy gaan altyd die ekstra myl vir haar maats.
22.jpg
bottom of page