top of page

Na skool 

Besige Bytjie Akademie  - Naskool

Slegs vir maatjies van Monumentertjies of Laerskool Vryheidsmonument.

Besige Bytjie Akademie Naskool is ‘n opvoedkundige naskool en studie sentrum vir Graad R en laerskoolleerders.'n Veilige omgewing waar ons hard aan huiswerk werk en daarna baie lekker speel.  

Wees gerus dat in ons liefdevolle en veilige omgewing, U kind veilig en versorg gaan voel.  


-Ekstra hulp met huiswerk, opsommings en individuele hulp waar nodig.
-Veilige besorg en afhaal by naskool aktiwiteite.
-Middag ete en versnapperings.
-Lekker groot speelterrein.

Naskool tye:

Die Naskool word gedurende weeksdae as volg bedryf:


Vanaf 12:30 tot 17:00 tydens skool kwartale.


Vanaf 7:00 tot 17:00 tydens amtelike skool vakansies.

Etes:  Middag ete & Peuselhappies.

 

Vakansie Club

 

Elke skool Vakansie vanaf 07:00 - 17:00  (Behalwe Desember skoolvakansie).

Die vankansie klub word elke skoolvakansie aangebied, behalwe, gedurende die Desember skoolvakansie.

- Boeresport dag

- Skattejag

- Groentetuin dag

- Picasso dag

- Bak dag

- Musiekstoele

- Piekniek dag

- Fliek Dag

- Voëlvoerder & Windklokke kuns dag

- Hindernesbaan

- Poppekas

- Storie dag

- Water speel dag

Etes:

Ontbyt, Middagete & Peuselhappies

Monumentertjies & Laerskool Vryheidsmonument

Ons is loop afstand van Laerskool Vryheidsmonument se "rugby veld hek". Onderwysers by die laerskool kry maatjies reg en hou hulle veilig totdat hulle saam ons, na ons skooltjie loop. Drie Onderwysers stap saam om te verseker maatjies arriveer veilig. 

Sport en ekstra Aktiwiteite

Ons gaan haal nogsteeds maatjies by die laerskool indien hulle eers sport of ekstra aktiwiteite moet doen.  Eie vervoer moet gereel word na die naskool indien sport of ekstra aktiwiteite nie by laerskool Vryheidsmonument plaasvind nie. 

bottom of page