top of page
Search

Grootmotoriese spel

Hoekom is dit belangrik?


ree

By Besige Bytjie Akademie verstaan ons dat kinders nie net met hul breintjies leer nie, maar ook met hul lyfies. Grootmotoriese spel (groot liggaamsbewegings soos hardloop, spring, klouter en kruip) is van kardinale belang vir ‘n kind se ontwikkeling.


Wanneer kinders grootmotories speel, bou hulle nie net spiere en koördinasie nie - hulle leer ook selfvertroue, spanwerk en hoe om hul liggame te beheer. Hierdie tiepe spel help met balans, ruimtelike bewustheid en selfs met fokus en konsentrasie in die klaskamer.


Waarom is dit belangrik?

  • Dit verbeter spierkrag en liggaamsbeheer.

  • Bevorder gesonde groei en ontwikkeling van die liggaam.

  • Dit berei kinders voor vir meer komplekse fisiese take soos fietsry of skryf.

  • Grootmotoriese spel help om stres te verlaag en energie op ‘n gesonde manier af te laai.


Hindernisbaan Avontuur:

Skep 'n eenvoudige hindernisbaan met matte, kegels, tonnels, balanseerbalkies en springblokke. Laat die kinders oor, onder en deur beweeg - hulle sal nie eers besef hoe goed hulle oefen nie!


Kleure en Spring Speletjie:

Plak verskillende kleure sirkelvorms op die grond. Noem 'n kleur en 'n aksie soos: “Spring op rooi!”, “Hop na blou!”, of “Kruip na geel!”. Dis 'n prettige manier om luistervaardighede en beweging te kombineer.


Bytjie Groete!

Besige Bytjie Akademie

 
 
 

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page