top of page

Dag Program

​

Ons Dag Program dompel kinders in 'n atmosfeer van verwondering, sorg, verkenning en groei, en dit is nie lank voor hul liefde vir leer van binne na buite groei nie. Jong kinders leer die beste deur direkte sensoriese ontmoetings met die wêreld, eerder as deur abstrakte en formele akademiese prosedures. Die program word ondersteun deur gekwalifiseerde, toegewyde volwassenes wat jong kinders begelei in hul verwerwing van kennis en hul ontwikkeling van inhoud, vaardighede en houdings wat hulle voorberei vir laerskool.

​

​

Leer Program 

​

Mollie Muis is 'n opvoedkundige reeks produkte wat gerig is op kleuterskole, terapeute en mammas.  Dit het ten doel om te vermaak en om outentieke leer- en begripservarings daar te stel.  Deur middel van stories, musiek en spel word prettige en konkrete leerervarings gefasiliteer.  Met die klem op vermaak, word onderskeie middels en opvoedkundige metodes gesamentlik aangewend om konsepte, gedagtes en/of begrippe by maats vas te lê. 

 

'n Sterk tegnologiese en multi-sensoriese aanslag word met elemente van fantasie en spel gekombineer om te verseker dat maats op ’n speelse manier digitaal geletterd en voorberei word om in moderne opvoedkundige kontekste te kan funksioneer. 

 

Gegrond in 'n verskeidenheid dissiplines en ontwikkel deur 'n paneel gekwalifiseerde en ervare kenners, streef Mollie Muis produkte daarna om maats motories, sensories, kognitief, sosiaal en emosioneel te help ontwikkel. 

 

Saamgestel deur ervare kurrikulumontwikkelaars wat al verskeie vakke, kursusse en grade op universiteitsvlak ontwikkel het, is die Mollie Muis reeks met dieselfde oorleg as 'n universiteitsgraad benader en ontwikkel. 

​

1. SKOOL OPEN

Maats kan tussen 06:30 en 07:45 by die skool afgelaai word.  Indien jy graag vinnig met juffrou wil gesels kan dit gereel word voor ontbyt.

4. AKTIWITEIT

Na sirkeltyd begin alle klasse met oulike aktiwiteite.

7. MIDDAGETE

Middagete word bedien vanaf 12:00.

Maats was eers hande, bid en dan word ontbyt bedien met 'n koeldrank. 

12:00 - Babas

12:10 - 1 tot 3 Jariges

12:30 - 3 tot 5 Jariges

10. PEUSELHAPPIE

Peuselhappies word bedien vanaf 15:00.

Maats was eers hande en dan word peuselhappies bedien met 'n koeldrank. 

 

15:00 - Babas

15:15 - 1 tot 3 Jariges

15:30 - 3 tot 5 Jariges

2. ONTBYT

Ontbyt word bedien vanaf 08:00.

Maats was eers hande, bid en dan word ontbyt bedien met 'n koeldrank. 

08:00 - Babas

08:15 - 1 tot 3 Jariges

08:30 - 3 tot 5 Jariges

5. PEUSELHAPPIE

Peuselhappies word bedien vanaf 10:00.

Maats was eers hande en dan word peuselhappies bedien met 'n koeldrank. 

10:00 - Babas

10:15 - 1 tot 3 Jariges

10:30 - 3 tot 5 Jariges

8. SLAAP TYD

Slaap tyd is vanaf 12:30 

​

12:30 - 14:30  (1 tot 2 Jariges)

12:30 - 14:00  (2 -3 Jariges)

13:00 - 14:00   (3 tot 5 Jariges)

11. BUITE SPEEL / SKOOL SLUIT

Vryspel buite tot die skool toe maak 17:30

3. SIRKELTYD

Sirkel Tyd begin 09:00 vir alle klasse.

Voor sirkel tyd is daar toilet routine.

​

Juffrou behandel in sirkel tyd die tema, bybel les, weer, datum en verjaarsdae.

6. BUITE SPEEL

Na Peuselhappies speel maats buite. 

Meestal sal dit vryspel wees maar daar sal ook dae wees waar juffrou groot motoriese aktiwiteite in hierdie tyd doen. 

9. BUITE SPEEL

Vryspel buite of fliek dae indien dit reen.

bottom of page